Nuwe Mej en Meneer Connie Mulder gekroon!

Daarna was hulle uitgevat in uitrustings wat die Parys-temas weerspieël het.

Op Saterdagaand, 24 Junie, het die Connie Mulder Sentum hulle jaarlikse Meneer en Mej Connies-kompetisie gehou, met die tema ‘Parys’.

Ongeveer 24 deelnemers het hul beste tydens dié gesellige geleentheid voetjie voorgesit . Die saal was pragtig volgens die Franse tema versier met ‘n Eiffel-toring op elke tafel en ‘n brug op die verhoog waaroor die deelnemers gestap het.

Wenner Bertus Olivier glimlag vir die gehoor.

Die aanbieder van die kompetisie was William Owen Longman, wat die deelnemers in die weke voor die kompetisie afgerig het. Die beoordelaars was Elsabe Botha, Monique Sanders en Bianca Rautenbach, Mej Suid-Afrika Junior.

Terwyl die gaste aan verversings gesmul het, het die deelnemers die kompetisie afgeskop in slenterdrag. Daarna was hulle uitgevat in uitrustings wat die Parys-temas weerspieël het. Die vermaak vir die aand is deur Tersius en Ziandra Swanepoel verskaf. Ziandra is net ses jaar oud, maar het die stem en gesig van ‘n engel.

Mej Connies, Susan Roberts.

Daar is ook ‘n heerlike warm maaltyd aan die gaste bedien terwyl die deelnemers verder die gehoor bekoor het.

Landdros Elbie Botha was ook daar en haar gesig het gestraal aangesien die Sentum haar baie na aan haar hart lê. Dominee Johan van der Merwe, van die Lewende Nuwe Generasie Kerk, wat ook betrokke is by die Connie Mulder Sentrum, het ook die geleentheid bygewoon.

Die verhoog se dekor was uitstekend.

Die Herald het met Gordon Henney, ‘n bestuurslid van die Connie Mulder Sentrum gesels, en dit was duidelik dat hy baie trots op die sukses van die aand en veral die deelnemers was.

Daar is baie pryse weggegee, maar uiteindelik is die koning en koningin van die aand, Mnr en Mej Connie Mulder aangewys. Hulle is onderskeidelik Bertus Olivier en Susan Roberts.

Landdros Elbie Botha (middel) saam met vriende en familie.

Die deelnemers se selfvertroue het al die gaste se harte op die wintersaand verwarm en hulle het ‘n fees gehad. Mirrors Hair and Beauty het ook terug gegee aan die gemeenskap toe hulle al die deelnemers se grimering en hare gratis gedoen het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version