AfriForum se Randfontein-tak het onlangs 100 bale voer van nagenoeg 320kg elk aan boere in Calvinia en Pofadder in die Noord-Kaap oorhandig.
Dié bale is deur ’n boer wat anoniem wil bly aan AfriForum geskenk. Die burgerregte-organisasie het die aflewerings- en vervoerkoste gedra.
“Wanneer gemeenskappe mekaar bystaan, kan wesenlike verskille gemaak word,” het Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!