Local newsNews

AfriForum R’fontein help Noord-Kaapse boere

AfriForum se Randfontein-tak oorhandig 100 bale voer aan boere doer in die Noord-Kaap.

AfriForum se Randfontein-tak het onlangs 100 bale voer van nagenoeg 320kg elk aan boere in Calvinia en Pofadder in die Noord-Kaap oorhandig.

Dié bale is deur ’n boer wat anoniem wil bly aan AfriForum geskenk. Die burgerregte-organisasie het die aflewerings- en vervoerkoste gedra.

Die bale wat aan die boere in die Noord-kaap geskenk is. Foto ingestuur.

“Wanneer gemeenskappe mekaar bystaan, kan wesenlike verskille gemaak word,” het Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button