Lyk in Randgate gevind

"Hy het geen sigbare wonde of beserings gehad nie," het kaptein Ernst gesê.

Gisteroggend, 19 Junie, net na 7vm, is die lyk van ‘n man van om en by 45 jaar oud tussen Tops Liquor en die casino gevind.

Volgens omstanders was hy ‘n hawelose man wat altyd in die omgewing geslaap het.

Lees ook: Decomposed body found near school

Kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder, het gesê dat geen misdaad vermoed word nie, en dat ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen sal word om die oorsaak van sy afsterwe te bepaal.

“Hy het geen sigbare wonde of beserings gehad nie,” het Ernst gesê.

‘n Betroubare bron het die Herald ingelig dat hy glo in ‘n stadium by twee slaghuise in Randgate gewerk het, en dat hy vermoedelik aan ‘n hartaanval oorlede is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version