Talle ondersteun hulporganisasie se sake-ontbyt

Meer as 230 sakepersone van die Wes-Rand en tot so vêr as Potchefstroom het die Open Door Foundation se sake-ontbyt bygewoon om fondse vir die organisasie in te help insamel.

‘n Sake-ontbyt met ‘n verskil ten bate van die Open Door Foundation is verlede Vrydag, 9 Junie by die NG Kerk Helikonpark aangebied.

Meer as 230 sakepersone van die Wes-Rand en tot so vêr as Potchefstroom het die geleentheid bygewoon. Meer as 50 verskillende sakeondernemings was ook by die fondsinsamelingsontbyt betrokke.

Brand Pretorius, ‘n bekende sakeman het die gaste toegespreek oor hoe ‘n dienende leier moet optree.

Brand Pretorius, Koekoes Cordier en Gert Cordier.

Die dag was ‘n groot sukses en die persone wat die dryfkrag agter die Open Door Foundation is, is vir hul bydrae bedank. Die organisasie wil op sy beurt almal bedank wat hulle konstant deur bydraes ondersteun asook vir diegene wat die dag moontlik gemaak het.

Die Open Door Foundation, wat na minderbevoorregte kinders omsien, is ‘n niewinsgewende organisasie wat druppels uit die sakegemeenskap, kerke, plaaslike regering en gemeenskappe in ‘n stroom kanaliseer om daardie kinders se lewens te verander. Koekoes Cordier, projekbestuurder van die stigting, het bygevoeg dat hulle primêr fokus op die voorsiening en instandhouding van funksionele fasiliteite, die bemagtiging van die bestuur vir ‘n volhoubare en funksionele skool, en die opleiding en vorming van die personeel vir kwaliteitonderrig om ‘n veilige leeromgewing te skep waarbinne die kinders kan groei om skoolgereed te wees.

Karen Hechter en Alet van der Westhuizen het die dag bygewoon en Brand Pretorius se toespraak oor leierskap baie geniet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version