Spoedhobbel maar geen waarskuwing

Die gemeenskap is bly maar terselfdertyd kwaad oor 'n spoedhobbel in Horingbeklaan.

In Culemborgpark is Jan Publiek bly oor ‘n spoedhobbel wat onlangs in Horingbeklaan opgerig is. In dieselfde asem is mense ontevrede want daar’s geen waarskuwingstekens daarvoor aangebring nie.

Monica Pretorius het juis Saterdagaand, 10 Junie haar motor se wiel beskadig toe sy onverwags oor die hobbel gery het.

“Die hobbel is glad nie sigbaar in die aand nie. Daar moet definitief ‘n waarskuwingsbord opgesit word,” het Monica gesê.

Craig Harrison, raadslid in die area het aan die Herald gesê, “Die gemeenskap wat in Horingbeklaan woon, het gevra vir die hobbels, maar ek stem saam dat die nodige waarskuwingstekens opgesit moet word. Ek het wel die probleem verlede week by Kenny Mampondo van die Randfontein-verkeersdepartement aangemeld.”

Daar is ook sprake dat vier ander strate binnekort spoedhobbels sal kry.

Craig het aan die Herald vertel dat hy vandag (Maandag 12 Junie) weer die probleem gerapporteer het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version