Nog ‘n probleempad herstel

Raadslid in die sewende hemel nadat herstelwerk aan Bussingweg begin het.

Eddie Krog, die Demokratiese Alliansie (DA) se Proporsionele Verteenwoordigende Raadslid vir Wyk 5 is opgewonde en dankbaar dat herstelwerk aan Bussingweg uiteindelik begin het.

Die toestand van Bussingweg is so erg dat ‘n gedeelte waar die pad begin heeltemal vernietig is. Wanneer dit reën, word die deel vol water en motoriste kan dan nie die slaggate sien nie.

Eddie Krog, die DA se Proporsionele Verteenwoordigende Raadslid vir Wyk 5, is baie gelukkig oor die herstelwerk aan die pad

Krog, wat baie sterk voel oor die agteruitgang van die infrastruktuur in Aureus het al talle artikels en selfs ‘n video oor die toestand van die paaie aan die Herald voorgelê.

“Die eienaar van die winkel by die begin van Bussingweg het al manalleen probeer om die slaggate te vul,” het Krog gesê.

Die herstelwerk is vir hom ‘n baie positiewe gebeurtenis en hopelik sal vele ander paaie daarna reggemaak word.

Verlede week het die Herald berig dat daar beplan word om ‘n klomp paaie gedurende die 2016/ 2017 finansiële jaar te herstel, naamlik die einste Bussingweg, asook Sutherland, Nhlapo, Sechoaro, Sonneblom, Jacob Tshweu, Ntuli en Mphephu. Homsteadlaan in Greenhills is reeds heerstel en slaggatvry.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version