Local newsNews

Oud-leerder van W’aria nou ‘n gesoute skrywer

Na sy praatjie kon die leerders boeke koop, foto's neem en sy handtekening kry.

Marion Erskine is in Randfontein gebore en is ‘n oudleerder van Hoërskool Westonaria.

Marion het na skool sy vlerke gesprei en sy eerste boek in 2007 gepubliseer. Hy het onlangs besluit om sy alma mater te besoek om sy splinternuwe boek Vlerke vir almal bekend te stel.

Die leerders van Hoërskool Westonaria het baie uitgesien om die skrywer te ontmoet en om te hoor wat hy oor sy boek te sê het. Marion het ‘n inspirerende motiveringspraatjie gelewer wat die leerlinge baie geniet het.

Na sy praatjie kon die leerders boeke koop, foto’s neem en sy handtekening kry.

Vlerke vir almal in ‘n neutedop:

“Dewald begin by ‘n nuwe skool nadat sy lewe uitmekaar geskeur is. Elke nuwe skool het sy uitdagings en sy boelies. En dit is nie maklik om ‘n tiener te wees met ‘n skielike spraakgebrek nie. Dewald moet sy eie trauma verwerk en verstaan waarom sy beste vriendin hom nooit in die belangrikste besluit van haar lewe geken het nie, deur self sy man te staan teen die boelies in sy eie wêreld.”

Die leerders het na sy praatjie gevoel dat hulle hul met die storie kan vereenselwig en dat hulle binnekort die boek sal wil lees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button