Bekende gesig weer in dorp vir Cansa

Kyk wie gaan weer 'n draai in die dorp maak, dié keer vir Cansa.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) se Randfontein-tak is volstoom besig om ‘n verskil in kankerpasiënte se lewens te maak.

Op Saterdag, 24 Junie gaan Bertha le Roux, voormalige 7de laan-aktrise juis die gasspreker by ‘n damesoggend in Randpoort wees. Daar sal heerlike versnapings bedien word en ‘n verskeidenheid pryse is op die spel.

“Daar sal ook ‘n prys weggegee word vir die vrou wat die beste geklee is en wat die mooiste haarstyl het,” het Thea Wille van Cansa gesê.

Die dag beloof om hope pret te wees, daarom nooi Cansa al die vroue uit om die dag te kom geniet. Verrigtinge skop om 10vm af by Renaissance Aftree Oord in Randpoort.

• Navrae: Kaartjies beloop R100 per persoon. Kontak Thea by 072 342 0008 vir meer inligting.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version