Simfoniekonsert vir liefdadigheid

Byna 300 mense woon Hoërskool Westonaria se simfoniekonsert vir liefdadigheid by.

‘n Simfoniekonsert uit die boonste rakke het onlangs die asems weggeslaan by Hoërskool Westonaria.

Dit was alles vir ‘n goeie doel en ten bate van liefdadigheid. Franci Oosthuizen het met die idee vorendag gekom en besluit om dit saam met Bernard Fischer, skoolhoof, uit te voer.

Musikante van Carletonville, Pretoria, Benoni en Westonaria het tydens die konsert opgetree.

Drika Smith, ‘n solis. Foto ingestuur.

Ongeveer 280 gemeenskapslede het die konsert bygewoon. Milestone-aftreeoord se inwoners kon dit gratis gaan geniet. Tydens pouse het almal die heerlike eetgoed en geurige koffie geniet wat deur die verversingskomitee voorgesit is.

Die aand is afgesluit met die bekende The Holy City wat ‘n besondere belewenis was vir ‘n 82-jarige man wat die stuk vir die eerste keer in sy lewe gehoor het. Na die konsert was twee jong seuns so beïndruk en geïnspireer dat hulle besluit het om te leer viool speel.

”Dit was nie net pragtige musiek nie maar ook baie opvoedkundig,” het Altus Venables, ‘n oudleerder van die skool gesê.

Die konsert was waarlik ‘n middag van pragtige musiek en sang en daar gaan nog lank daaroor gepraat word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version