CrimeNews

Vyf gewapende rowers teiken kafee, skiet glo op EPR

Kyk hoe het gewapende rowers op EPR geskiet nadat hulle glo 'n kafee beroof het.

‘n Reaksieoffisier van EPR-sekuriteit het verlede Woensdag ‘n noue ontkoming gehad toe daar op hom geskiet is.

Volgens EPR het hulle omstreeks 7.15nm ‘n panieksein van ‘n kafee in Parkstraat in Homelake ontvang. Toe hul reaksieoffisier by die kafee aankom, het vyf gewapende rowers in ‘n wit Toyota Corolla van die toneel af gevlug. Kort daarna het die verdagtes op die offisier begin skiet. Hy het dekking geneem en teruggeskiet.

Die motor van die reaksieoffisier is erg beskadig. Foto ingestuur.

“Die verdagtes het weggekom met ‘n onbekende bedrag geld, sigarette en ook selfone,” het Algemene Bestuurder van EPR, Johan Krogh gesê.

Johan het ook vertel dat die reaksieoffisier se motor tydens die voorval erg beskadig is.

Lees ook: UPDATE ATM bombing: EPR’s brush with robbers

Niemand is beseer nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button