Beloved hou Riebeeck se naam hoog in redenaars

Beloved Sechele, ‘n Graad 12-leerder van Hoërskool Riebeeckrand haal finale rondte van die nasionale ATKV-redenaarskompetisie.

Beloved Sechele, ‘n Graad 12-leerder van Hoërskool Riebeeckrand sal later vanjaar haar skool tydens die finale rondte van die nasionale ATKV-redenaarskompetisie in die Wes-Kaap verteenwoordig.

Dit nadat sy ‘n eerste plek in die semifinale rondte van die kompetisie losgeredeneer het.

Die finale rondte van die kompetisie vind plaas op Vrydag, 11 Augustus by ATKV Goudini Spa naby Worcester.

Vanjaar is dit die derde jaar dat Beloved aan die finale rondte deelneem. In 2015 het sy daar onder die top 10 geëindig en in 2016 spog sy met ‘n trotse derde plek. Dit is reeds die vyfde keer dat ‘n leerder van Hoërskool Riebeeckrand aan die landswye finaal deelneem.

Riebeeckrand is baie trots op Beloved en op Leona Esterhuyse, die Riebeeckrand-personeellid wat haar afrig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version