Local newsNews

Skoonheidskompetisie vir baba-organisasie

Just In Time se skoonheidskompetisie vir 'n goeie doel 'n groot sukses.

Meer as 60 modelle het ingeskryf om Just In Time se skoonheidskompetisie by die Connie Muldersentrum die afgelope naweek te ondersteun.

Celine Swanepoel, wenner van die 18+ kategorie.

Die doel van die kompetisie was om geld in te samel vir Just In Time – ‘n niewinsgewende organisasie in Greenhills wat Georgina Caetano gestig het. Die organisasie gefokus daarop om ‘n veilige en liefdevolle huis vir mishandelde en weggooibabas te vind. Georgina samel ook klere en bababenodighede in vir babas in minderbevoorregte omstandighede.

Tidimalo Tlhabi en Erica Bondesio het die kompetisie as ‘n fondsinsamelingsprojek gereël as een van die Beauty with a Purpose-projekte van Tidimalo se dogter Boipelo, ‘n Toddler and Tween of the World 2017-finalis, en Erica se dogter, Sharica, wat ook ‘n Toddler and Tween of the World-finalis 2017 asook ‘n Petite Miss RSA-finalis is.

Mej Suid-Afrika Junior, Bianca Rautenbach.

Leandri Pretorius, Armand du Plessis, Valma Prinsloo, Reevana Govender en Karabo was die beoordelaars. Armand was Mnr Suid-Afrika 2016 en Reevana is ‘n Mev Suid-Afrika 2017-finalis. Die vriendelike Mej Suid-Afrika Junior, Bianca Rautenbach was ook by die geleentheid.

Die wenners van die dag was Enkosi Ndlovu in die 6- tot 8-jaarafdeling, Michelle Moolman in die 15- tot 17-jaarafdeling, terwyl Corlia Roux die wenner vanMiss Debutant in die ouderdomsgroep 3 tot 5 jaar was. Die pragtige Celine Swanepoel was die wenner in die 18+ afdeling. Die Senior algemene wenner was Anché Steyn.

Die Junior algemene wenner, Enkosi Ndlovu (Ouderdom 6–8)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button