Ram maak kuns uit wiskunde

Laerskool Randfontein-leerders het hul goed van hul taak gekwyt tydens die Arts in Maths-kompetisie.

Laerskool Randfontein (Ram) se grondslagfase-leerders het onlangs hul kunsvaardighede in Wiskunde toegepas.

Die Departement van Onderwys het ‘n Arts in Maths-kompetisie geloods en Graad 1-leerders is uitgedaag om ‘n tweedimensionele prentjie te maak deur verskillende vorms te gebruik. Graad 2-leerders het ‘n driedimensionele huis gebou terwyl Graad 3’s ‘n driedimensionele pretpark gebou het.

Die leerders se projekte is op 16 Mei op skoolvlak beoordeel waarna ‘n wenner in elke graad aangekondig is. Lees die Herald se 9-Junie uitgawe vir die volledige berig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version