Local newsNews

Veeartse se uitstaande gemeenskapswerk

'n Totaal van 17 diere van Claw (Community led Animal Welfare) aan die Wes-Rand hier in Randfontein gesteriliseer.

Dokter Hendrik Naude van Randfontein Dierehospitaal het op Donderdag 25 Mei die Herald genooi om te gaan kyk hoe hul veeartse hulle gemeenskapsdiens uitvoer.

Sedert verlede jaar word gekwalifiseerde veeartse verplig om ‘n jaar gemeenskapsdiens vir die staat te verrig.

Die pasiënt kry ‘n kombinasie van ‘n sedasie- en pynmiddel.

Dié dag het dokters Michael Sutton en Nalisa Rhodes met die hulp van ‘n dieregesondheidstegnikus, Roxy Battistoni, 17 diere van Claw (Community led Animal Welfare) aan die Wes-Rand gesteriliseer. Dokter Johan Naude het die narkose behartig.

Claw is ‘n welsynsorganisasie wat as ‘n baanbreker op die gebied van gemeenskapsgebaseerde primêre dieregesondheidsorg in Suid Afrika beskou word, het self die 17 diere by die Randfontein Dierehospitaal gaan aflaai. Johan het vertel dat hulle graag dié tipe liefdadigheidswerk doen.

Die Herald het toegekyk toe die steriliserings gedoen is en was verras deur die veeartse se professionaliteit, uitstekende kennis en passie. “Ons was almal in dieselfde klas by Onderstepoort in Pretoria. Ons moes sewe jaar leer – selfs hoe om ‘n koei kunsmatig te bevrug,” het Nalisa vertel.

Roxy Battistoni, dokter Michael Sutton, dokter Nalisa Rhodes met dokter Johan Naude voor.

Sy het gesê dat sy die gemeenskapswerk baie geniet en dat hulle ‘n mobiele eenheid het wat op baie verskillende plekke gaan werk. Michael het verduidelik dat veeartse ná die een jaar gemeenskapsdiens ‘n eie praktyk kan begin of by ‘n ander een inskakel.

Hendrik het verduidelik dat hulle ‘n baie klein snit maak as hulle ‘n kat steriliseer. “Dit veroorsaak minder pyn. Groot snitte is onnodig.” Michael het gesê die operasie duur ongeveer 25 minute. Dit is ook makliker om katte te steriliseer as wat die geval met honde is.

Die Herald het ook gesien hoe van die honde na die operasie bykom. Aan die begin bewe hulle, maar na ‘n rukkie lyk dit skaars of hulle geopereer is.

Roxy Battistoni, dokter Michael Sutton, dokter Nalisa Rhodes met dokter Johan Naude voor.

Hendrik het pertinent gesê dat die gratis sterilisasies wat dié veeartse doen, slegs vir die diere van mense met ‘n baie lae inkomste bedoel is. “Iemand kan nie in ‘n luukse voertuig opdaag en dan verwag dat sy dier gratis gesteriliseer word nie. Dit is net soos steel,” het hy gesê.

Diegene wat vir dié gratis diens kwalifiseer, kan 082 746 8419 skakel vir meer inligting.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button