Ma sien rooi na skoolbusinsident

Ma van laerskoolkind wat beseer is in 'n skoolbusinsident hoogs ontsteld.

‘n Ma van ‘n Graad 3-dogter by ‘n laerskool in Randfontein is woedend omdat haar dogter in ‘n skoolbusinsident beseer is.

Volgens die ma het haar dogter op Maandag, 8 Mei nadat die waentjie van die skoolbussie tot stilstand gekom het, op die waentjie geklim om haar broer se tas af te haal.

Lees ook: ‘n Ouer se grootste vrees word amper waar

“Haar voet het vasgehaak maar die drywer het weggetrek. Haar boetie het angstig vir die drywer geskreeu dat sy sussie nog by die waentjie is. Hy het stilgehou en na bewering vir die boetie gesê, “Ja, maar julle is stadig”.

Die busdrywer het glo die dogter, wat erge pyn gehad het, net so daar gelos en gery.

Die Herald het ‘n onderhoud met die ma oor die insident gevoer en met die skoolhoof daaroor gepraat. In die 2 Junie-uitgawe van die Herald sal volledig daaroor berig word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version