Local newsNews

Kleuters leer boelie en afknouery is verkeerd

Produksie oor afknouery en boelie spesiaal vir kleuters van Melktandjies-kleuterskool aangebied.

Op Vrydag, 12 Mei, is Melktandjies-kleuterskool se kleuters bederf met ‘n vertoning oor boelies en afknouery wat deur NG Promotions aangebied is.

NG Promotions is ‘n professionele maatskappy wat verskillende produksies skryf en vervaardig. Die produksie oor boelies en afknouery is spesiaal vir kleuters geskryf.

Dit vertel die storie van ‘n kind wat ander kinders spot, name noem en ander aanhits om te baklei. Deur die toneelspel is die kleuters gewys waar die ‘kind’ verkeerd opgetree het.

Die kleuters is deur die toneelstuk ook geleer dat hulle mooi moet saamspeel, niemand mag boelie nie en dat hulle almal spesiaal is. Lucinda Scholtz en Valentino Brandt het hul rolle uitstekend vertolk en die verskillende karakters het gou-gou die kleintjies se aandag getrek en gehou.

Die kleuters van tussen twee en ses jaar oud het die vertoning vreeslik geniet. Hulle het die refrein “Stop the bullying, stop the bullying” vinnig onder die knie gekry die musiek daarby het die beentjies laat buig en swaai. Elke kleuter weet nou wat boelies en afknouery is. Die groter maats kon ook dadelik al die vragies beantwoord en die tekens van afknouery herken.

Melktandjies-kleuterskool streef daarna om hulle kleuters te leer dat boelies en afknouery nie toegelaat moet word nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button