Stamselbehandeling gee outistiese-seun weer hoop

Stamselbehandeling bring hoop vir Ralph-familie wie se sesjarige seun aan outisme ly.

‘n Ma van Culemborg Park is vol hoop dat die stamselbehandeling wat haar sesjarige seun – ‘n outismelyer – vroeër vanjaar in Indië ontvang het, daartoe sal lei dat hy op 12-jarige ouderdom weer sal kan kommunikeer.

De Wet en sy ma, Miemie Ralph, net voor hy teater toe is vir sy stamselontrekking. Foto: Ingestuur.

Alok Sharma, die Indiese dokter wat die seuntjie, De Wet Ralph behandel het, hou eerskomende naweek ‘n praatjie oor stamselbehandeling. Die geleentheid word by die Hamilton Gastehuis in Robinson, Randfontein aangebied.

Also watch: My two-year-old son falls in love with Snow White at Walt Disney World – Autism and Disney

Miemie Ralph, De Wet se ma het gesê sy het sedert hy ses maande oud was, agtergekom dat iets met hom skort. Op tweejarige ouderdom is De Wet met outisme gediagnoseer.

Dokter Alok Sharma en De Wet Ralph. Foto: Ingestuur.

Lees die 19 Mei-uitgawe van die Herald vir ‘n eksklusiewe onderhoud met Miemie en De Wet.

Hier is ‘n video van De Wet se vordering na sy eerste stamselbehandeling in Indië.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version