KYK: ‘Moenie ‘n bankpatat wees nie’ – regering

SA se mense aangemoedig om fikser te raak. Kyk na wat Gert Oosthuizen vanoggend in R'fontein te sê gehad het hier.

Gert Oosthuizen, die adjunkminister van Sport en Ontspanning (DSO) het ‘n beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om nie ‘n bankpatats te wees omdat hulle onaktief is nie.

Elke jaar, op 10 Mei, moedig die Departemente van Gesondheid en van Sport en Ontspanning (DSO) alle Suid-Afrikaners opnuut aan om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.

Volgens ‘n amptelike verklaring deur die DSO is die Beweeg vir jou gesondheid-inisiatief (Move for Health) ‘n internasionale poging om mense aan te spoor om by een of ander aktiwiteit betrokke te raak – al is dit net vir 30 minute per dag – en om hul gesondheid te verbeter.

Vanjaar is die inisiatief hier in ons dorp by die Greenhills Sportstadion van stapel gestuur. Lees die volledige berig in die Herald se 19 Mei-uitgawe.

Volgens Gert is daar wêreldwyd ‘n toename in die aantal mense wat oorgewig is, veral onder die jeug omdat hulle toenemend onaktief is. Hy het genoem dat tegnologie ‘n groot rol speel en dat mens deesdae al hoe meer sien dat kinders met hul selfone doenig is eerder as om aan sport of ‘n ander aktiwiteit deel te neem. Hy het ook gesê statistieke toon dat indien daar nie iets gedoen gaan word om die neiging te verander nie, twee uit elke drie mense teen die jaar 2030 oorgewig gaan wees.

Kyk na die video-opname van Gert se toespraak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version