![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2017/05/PIENKMedium_06501.jpg)
‘n Vrou van Kocksoord is onlangs helder oordag met ‘n ketting en slot aangerand en van haar besittings beroof.
Volgens familie was sy op pad terug huis toe nadat sy inkopies gaan doen het. ‘n Man het haar glo sonder rede oor die kop slaan en onder andere haar selfoon gryp. Die onbekende man het toe gevlug.
Lees ook: Man, 51, aangerand vir vuurhoutjies, sigarette
Lede van die publiek het haar te hulp gesnel en ‘n ambulans gebel. Sy is na die Carletonville-hospitaal geneem vir behandeling.
Lees die Herald se 19 Mei-uitgawe vir die volledige storie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesÂ
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!