NewsSchools

Toneel-ster in Riebeeck se midde

Hoërskool Riebeeckrand spog met David in Graad 9 wat een van 60 finaliste van die Nasionale Toneelspelkompetisie van kykNET is.

David Kuduntwane, ‘n Graad 9-leerder van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs aan die Nasionale Toneelspelkompetisie van kykNET deelgeneem en die finale rondte gehaal.

Cantona James, ‘n voormalige leerder van Randfontein High School (RHS) en vriend van David het hom einde verlede jaar van die kompetisie vertel. Nadat Cantona drie van sy toneelstukke vir Riebeeckrand se toneelleerders opgevoer het, was David vreeslik geïnspireer.

Leona Esterhuyse, Riebeeckrand se drama-onderwyser saam met David Kuduntwane. Foto ingestuur.

Op 21 Maart vanjaar was David een van 530 leerders wat aan die uitdunrondte van die kompetisie vir hoërskoolleerders deelgeneem het. Die kompetisie was straf en slegs 60 leerders het deurgedring na die finale rondte. Hoërskool Riebeeckrand spog graag met David wat een van die 60 finaliste is.

Die finale rondtes gaan van 10 tot 13 Mei by die Kunstekaap Teater in Kaapstad plaasvind.

Leona Esterhuyse, Riebeeckrand se drama-onderwyser is David se trotse afrigter wat die reis saam met hom gaan aanpak.

“Ons as skool wens hom alle sterkte toe,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button