ATKV kies sy nuwe bestuur

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Randfontein-tak wil die dorp dien en kultuur bevorder.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Randfontein-tak het onlangs sy nuwe bestuur vir 2017 verkies en hulle is opgewonde om kultuur in die dorp te bevorder.

Die nuwe voorsitter is Martinet Theunissen, die ondervoorsitter is Linda Brink-Barnard, en die tesourier is Burrie Theunissen.

Taal, kultuur, gemeenskappe en onderwys is gebiede waarop die tak hierdie jaar gaan konsentreer.

Lees ook: Pasop ATKV, hier kom Beloved

“Ons het reeds begin met die beplanning van projekte vir die jaar wat voorlê en ons is baie opgewonde om ons dorp te dien, kultuur te bevorder en Afrikaans uit te brei,” het Martinet gesê.

Op Vrydag, 19 Mei hou die tak juis ’n pizza-en-wyn aand en hul nooi al die ATKV-lede in Randfontein uit om die aand saam met hulle te kom geniet. Dit is boonop gratis.

Belangstellendes moet asseblief die tak teen 10 Mei laat weet.

• Navrae: Skakel gerus vir Martinet by 074 414 6421.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version