#MunisipaleMaandag: Gemeenskap takel self die slaggate

Die span, wat besluit het om nie terug te sit en te braai nie, maar eerder die paaie veiliger te maak vir hulle gemeenskap, het 8-uur die oggend begin werk.

Op die publieke vakansiedag, 27 April, het raadslid Alwyn van Tonder, agt werkers van nabye plotte en Henry Boyce, die voorsitter van die Sektor 5A GPF, self ingespring om slaggate reg te maak.

Die span, wat besluit het om nie terug te sit en te braai nie, maar eerder die paaie veiliger te maak vir hulle gemeenskap, het om 8-uur die oggend begin om Peter Straat se slaggate reg te maak. Die toestand van die paaie hou ‘n baie groot gevaar in vir motoriste in die omgewing.

Henry het gesê dat ‘n handjie vol inwoners ingestem het om hierdie projek aan te pak. Alwyn, wat die Demokratiese Alliansie se raadslid vir Wyk 3 is, was nie in sy politieke gedaante daar nie, want hy wou net deel wees van die projek.

Alwyn van Tonder, Henry Boyce en Werner du Buison

EPR Sekuriteit het ook gehelp met toerusting. Die span het self die harde werk gedoen en koue teer gebruik om die slaggate te vul.

Henry het die volgende vraag gestel: “As daar op Elisabeth- of Peterstraat ‘n ongeluk moet gebeur, wie gaan die verantwoordelikheid dra? Ons kan nie meer net terugsit en kla nie. Ons moet begin om ons eie gemeenskap te beveilig en soveel te doen as wat ons kan.”

Henry, Alwyn, Peet Ferreira, Lodewyk en Estelle Steenekamp, Henning Jonk, Werner du Buisson, Johan de Klerk en Cap Matthews was almal druk besig toe die Herald op die toneel opgedaag het.

Alwyn van Tonder hard aan die werk.

Alwyn het gesê, “Ek verwelkom hierdie projek. Hier word ‘n verskil gemaak.” Chris Rossouw en Estelle Steenekamp het vir die manne water aangedra en Cheryl en Jimmy Doyle het eetgoed verskaf.

Die projek het sowat R10 000 gekos – 115 sakkies koue teer is gebruik.

Riaan Herbst, Chantelle Botha, Zelda Pieterse, Johan Booysen, Henry Boyce, Christo Sophocleus, Elsabe Fouche, Clane Doyle en Henry Beukes het almal fondse bygedra om die projek moontlik te maak. Pierre Badenhorst het ook gehelp met vervoer.

Henry Boyce het almal bedank wat ‘n bydrae gelewer het, finansieël of met mannekrag. Hulle het ‘n groot hoeveelheid slaggate reggemaak. Hy het ook vir Alywn bedank en gesê dat hy ‘n fantastiese voorbeeld is vir die gemeenskap. Estelle Jonk en Paul Fouche is ook spesiaal bedank vir hulle insette.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voi

Exit mobile version