Riebeeck is bejaardes se paashaas!

Wie sê die paashaas moet lang ore en 'n kort stert hê? Kyk hoe het Riebeeckrand bejaardes oor die Paastyd bederf.

Wie sê die paashaas moet lang ore en ‘n kort stert hê?

Hoërskool Riebeeckrand het almal verkeerd bewys toe hul Juniorraad die laaste Vrydag in Maart inwoners van Randpoort Tuiste vir Paasfees bederf het. Die skool het so hul eerste kwartaal op ‘n hoë noot afgesluit.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoer, word leerders van Riebeeckrand aangemoedig om by die gemeenskap betrokke te wees. “Elke raad kry die geleentheid om hul eie gemeenskapsprojek gedurende die jaar te loods. Die Juniorraad het vanjaar hul fokus op die dorp se bejaardes geplaas,” het Elzeri vertel.

Cara le Grange, Georgia Liebenberg en Melindi Jacobs het die Juniorraad op 31 Maart by Randpoort Tuiste verteenwoordig.

Die drie dogters het opnuut ‘n waardering vir die dorp se bejaardes gekry. “Dit is wonderlik om ‘n verskil te kan maak in iemand se lewe, veral in ‘n bejaarde se lewe, want hulle het al soveel vir ander gedoen,” het Cara gesê.

Rika Rossouw, een van Randpoort Tuiste se inwoners, het haar waardering so op die skool se Facebook-blad uitgespreek, “Baie dankie namens al die inwoners van Randpoort Tuiste. Dit was nou ‘n lekker bederf en ons waardeer dit!”

Riebeeckrand sien daarna uit om gedurende die tweede kwartaal ‘n nuwe projek aan te pak en verder terug te ploeg in die gemeenskap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version