NewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeck se hokkiebokkies bo!

Van Bethlehem tot naby Hammanskraal, Riebeeckrand se hokkiedogters was oor die Paastyd besig om hul vaardighede op te skerp.

Riebeeckrand se hokkiedogters van verskeie ouderdomsgroepe het die afgelope skoolvakansie gaan toer en hul skool se naam hoog gehou.

Die o.14-, o.15- en o.16-dogters het ‘n toernooi by Camp Discovery naby Hammanskraal bygewoon asook vriendskaplike wedstryde gespeel. Die eerste- en tweedehokkiespanne het die Elsie Coetzer-hokkiekliniek in Bethlehem bygewoon.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, het al die dogters uitstekend gevaar by die hokkiekliniek vir seniors wat as een van die beste toernooie in die land beskou word.

Angelique Groenewald is in die nasionale span opgeneem wat later vanjaar in Nederland en België gaan toer. Foto ingestuur.

Sy het vertel dat die dogters se vaardighede opgeskerp is en verbeter het.

Die eerstehokkiespan het ses wedstryde gespeel waarvan hulle vier gewen en twee gelykop gespeel het. Die tweedehokkiespan was in twee van hul drie kragmetings baas, met slegs een gelykopuitslag.

Nog ‘n pluimpie vir die skool is dat Angelique Groenewald tydens die toernooi se prysuitdeling vir die nasionale span gekies is wat in Oktober in Nederland en België gaan toer. Uit die 800 spelers is 16 vir dié span gekies.

Riebeeckrand is baie trots op al hul hokkiespelers asook op Angelique met haar pragtige prestasie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button