Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #12 – Vera Pretorius

Die 12e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Vera Pretorius is die 12e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog.

Vera is ‘n lid van die Randfontein Robalklub (RRK) en is 75 jaar oud. Haar Randfontein-bynaam is Tannie Poppie. Sy het gesê dis ‘n naam wat haar mederolbalspelers vir haar gegee het omdat sy hulle herinner aan ‘n ander lid wie se naam Poppie is.

Sien video hier:

By die rolbalklub is Tannie Poppie nie net ‘n gewone lid nie, sy is die president van die rolbalklub nadat sy by Martiens Botha oorgeneem het. Haar termyn eindig in Junie.

Tannie Poppie, oorspronklik van die Oos-Vrystaat, woon op die grens van Bootha Plotte en Randgate. In September sal sy reeds 12 jaar in Randfontein woon.

Sy is ‘n pensioenaris en ‘n huisvrou, en haar stokperdjies is tuinmaak, naaldwerk, brei en hekel. Haar passie is rolbal en sy speel al jare lank.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Related Articles

Back to top button