OPVOLG: Rossouw-egpaar se begrafnisreëlings bekend

Die begrafnis word môre (Donderdag, 20 April) gehou.

Die begrafnisreëlings van Retha en Johan Rossouw wat verlede week tragies in ‘n motorongeluk omgekom het, is bekend.

Lees ook: Geliefde Jannas-onderwyser sterf in ongeluk

Woensdagoggend (19 April) het Joe Rossouw, Johan se seun, bevestig dat die begrafnis by die NG Kerk Helikonpark op Donderdag, 20 April om 2nm sal plaasvind. Die familie nooi vriende, familie en kennisse uit om die dubbele begrafnis by te woon.

Retha, ‘n bekende inwoner van Randfontein asook onderwyser van Hoërskool Jan Viljoen is Maandag, 10 April, tragies in ‘n motorongeluk in die Ekurhuleni-gebied oorlede.

Lees ook: OPVOLG: Jannas-leerder verloor albei ouers in ongeluk

Johan was dae na die ongeluk nog in die Natalspruit Hospitaal, maar op Woensdag, 12 April het André Rossouw bevestig dat sy broer Johan ook gesterf het.

André het ook bevestig dat Johan, Retha en hul dogter Veronique op pad na Zimbali in Balito was om te gaan vakansie hou.

Die gemeenskap, familie en vriende is saam met Veronique, ‘n voormalige Hoërskool Jan Viljoen-leerder, in rou gedompel. Johan het ook drie seuns, Riaan, Joe en Christiaan Rossouw.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version