Leer ‘n Teiner ken #11 – Jan Meyer

Ontmoet die 11de persoon in die Herald se gewilde Leer 'n Randfonteiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 18 April, het die Herald in die 11de aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Jan Meyer, 66, ontmoet.

Jan is al 34 jaar ‘n inwoner van Randfontein. Hy is reeds 46 jaar gelukkig met Judy getroud. Uit hul huwelik is daar twee seuns en een dogter gebore, wat tans onderskeidelik 45, 43 en 40 jaar oud is.

Jan Meyer het reeds baie suksesse behaal.

Jan het sommer ‘n klomp suksesse agter die rug, en een daarvan is dat hy die eienaar van Yankys Wegneemetes in Randgate is. Hy was ook vir ‘n lang ruk lank ‘n rekenmeester en het ‘n groot liefde vir langafstandwedlope. “Ek het al 20 Comrades Marathons voltooi. Ek en my vrou is ook stigterslede van Randmark Marathon Klub,” het Jan vertel.

Die Leeus-rugbyspan lê hom na aan die hart, en hy het gesê hy is baie trots op hulle vordering die afgelope paar jaar. Jan hou daarvan om by warmwaterbronne soos dié in Noord-Transvaal (Limpopo) vakansie te hou. Hy sê ook nie nee vir ‘n lekker bord gekookte boerekos nie.

Hy is lief vir Randfontein omdat hy voel dat dit meer bekostigbaar is, en dat die gemeenskap soos ‘n groot familie is

Natuurlik het die Herald vir Jan gevra watter naam hy homself sou gee en sonder om lank te dink, was sy antwoord, “Lekker ou Jan”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version