Geliefde Jannas-onderwyser sterf in ongeluk

Hoërskool Jan Viljoen verpletter na ongeluk onderwyser eis.

Retha Rossouw, ‘n bekende inwoner van Randfontein asook onderwyser van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is gisteraand (Maandag, 10 April) tragies in ‘n motorongeluk oorlede.

Sarel Steyn, waarnemende skoolhoof van Jannas het die voorval aan die Herald bevestig.

“Ons innige meegevoel gaan aan haar man, Johan, haar kinders, haar familie en vriende. Ons sal vir Retha altyd onthou vir die passie en ywer waarmee sy alles aangepak het. Ons is baie dankbaar teenoor die Here dat Hy haar vir ‘n ruk vir ons skool en gemeenskap geleen het,” het Steyn gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version