Local newsNews

KYK: Dagga – is dit ‘n gesonde slaai?

Gerhard de Jager het aan die Herald gesê dat die tronke naweke vol is van al die slegte gevolge van drank.

Dagga is een van die onderwerpe waaroor dit tans gons. Die Herald het self lede van die gemeenskap se opinies daaroor gaan vra, en dieselfde vraag op I Lived in Randfontein and Survived se Facebook-blad geplaas …

Randfontein se inwoners het die Herald verras met hulle opinies oor die jongste nuus oor die gebruik van dagga. Hier is van die kommentaar wat op die Facebook-blad gelewer is: Leandi van der Berg het gesê, “Dit skep ‘n presedent. Wat is volgende? Rocks? Cat? Meth? Kokaïen? Heroïen? En dis net die begin! Ons land het die simpelste wette. Jy mag jouself nie beskerm teen inbrekers in jou EIE huis nie, maar jy kan aaptwak voor jou kinders rook. Dit raak by die dag net meer belaglik!”

‘n Brief van een van ons lesers: Dagga is as South African as Biltong and boerebeskuit

Christine de Beer het gesê, “Beslis ‘n groot ja vir my. Ek gebruik dit vir my perde. Kan nie wag om my eerste dagga te plant nie.” Jaap Steyn het gesê dat dit nou maar eenmaal ‘n klomp tjol is, en dat hy glad nie daarmee saamstem nie. Hy get gesê, “Drugs bly drugs”.

Antoinette Gouws is van mening dat dit vir mediese gebruik toegelaat kan word – op voorskrif. “Maar sommer net so… Nee, dit dra glad nie my goedkeuring weg nie. Dagga is dagga en watse blootstelling is dit nie vir ons kinders nie. Nee, dit sal nie vir my werk nie, dankie.”

Lees ook: Dagga coming to a pharmacy near you soon

Sien video hier: 

 

Sharon Fouche het gesê, “Beste nuus ooit vir mense wat sieklik is! Dagga-olie genees baie siektes! Skoonsus genees van kanker!” Fiona Pieterse het dit kort en kragtig gestel, “O wêreld, nee!” Jennifer Louise Stokes het verduidelik, “Die daggawet pla my nie. Wens hulle kon eerder na alkohol kyk. Dit verwoes baie meer lewens!” Baie inwoners het van haar kommentaar gehou.

Johann Venter het gesê, “Mense, doen asb julle huiswerk. Dit is nog nie legal nie. Die hofuitspraak het die voet in die deur gesit deur te verklaar dat dit teen die constitutional reg van ‘n persoon is om verbied te word om dit binne jou huis/ erf te gebruik. Die Department van Gesondheid het alle permitte tydelik opgeskort omdat hulle besig is met wetgewing oor die manier waarop dit vir mediese doeleindes gemaak en bemark mag word. Ek het persoonlik ‘n voorskrif vir die olie maar dit is nog nie beskikbaar by apteke nie; nie wettig nie, in elk geval. Dus wees maar versigtig, dit is nog nie wettig nie.”

Gerhard de Jager het aan die Herald gesê dat die tronke naweke vol is van al die slegte gevolge van drank. Volgens hom is daar baie minder mense wat opgesluit word vir dagga en dat drank meer geweld en ongelukke veroorsaak.

Kyk gerus na nog kommentaar op die Facebook-blad, I lived in Randfontein and survived.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button