Kerk wil gemeenskap geestelik opbou

Die tyd is nou! Pastoor nooi alle lede van die gemeenskap, hul vriende en familie uit om herlewingsdienste by te woon.

AGS Groen Weivelde hou van 7 tot 9 Mei herlewingsdienste met die tema: Die tyd is nou! Dit is afgelei van 2 Korintiërs 6:2.

Pastoor Hennie Jacobs nooi alle lede van die gemeenskap en hul vriende en familie uit om die dienste by te woon.

Hy sal self die verrykende dienste lei.

Op Sondag, 7 Mei om 6nm sal die diens hoofsaaklik gaan oor gebedsgeheime wat lewens kan verander en op Maandag, 8 Mei om 7nm sal genesing bespreek word.

Die laaste diens op Dinsdag, 9 Mei om 7nm sal gaan oor wonderwerke.

• Navrae: Skakel Adél by 011 692 3880/ 076 430 7407 stuur ‘n epos na admin@groenweivelde.co.za of besoek hul webwerf www.groenweivelde.co.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version