Local newsNews

Afriforum R’fontein help droogtegeteisterde dorp in Noord-Kaap

Afriforum se Randfontein-tak het die afgelope naweek na die droogtegeteisterde Calvinia in die Noord-Kaap uitgereik.

Afriforum se Randfontein-tak het die afgelope naweek na die droogtegeteisterde Calvinia in die Noord-Kaap uitgereik.

“Op Saterdag,1 April is daar 4 250 liter water van die Randfontein-gebied met ‘n vragmotor na Calvinia versend,” het Matium van Vuuren, voorsitter van Afriforum se Randfontein-tak verduidelik.

Hy het vertel dat hulle twee weke gelede van die ernstige waternood in die dorp te hore gekom het. Die gemeenskap en die diere daar kry bitter swaar weens die versengende hitte en droogte.

Bestuurslede van Afriforum Randfontein het dadelik ingeklim en water begin insamel.

Calvinia se probleme met water het begin toe ‘n brand op 28 Desember 25 000ha-weiding verwoes het. Die boere het met hulle hande in hul hare gesit aangesien die voortslepende droogte die krisis vererger het. Die gebied het die afgelope drie jaar onvoldoende reën gekry.

Daar is 4 250 liter water van die Randfontein-gebied met ‘n vragmotor na Calvinia versend. Foto ingestuur.

Die behoefte aan voer en water is groot, maar die gemeenskap van Randfontein het hul las ‘n bietjie verlig.

Matium bedank almal hartlik vir hul samewerking en skenkings. ‘n Soortgelyke projek is reeds aan die gang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button