Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #10 – Sophie Jonker

As daar een persoon in Randfontein is wat aartappelslaai geniet, is dit Rooikop Sophie…

Op Woensdag, 5 Maart, het die Herald in die 10e reeks van #Leer ‘n Teiner ken, vir Sophie Jonker, 49, ontmoet.

Sophie bly al ses jaar lank in Randfontein, waar sy in die beheerkamer van Hawkeye Sekuriteit werk. Sy is ‘n mens-mens, en het drie seuns van onderskeidelik 15, 25 en 26 jaar oud. Sy is in die Vrystaat gebore en is al 15 jaar in ‘n verhouding.

Sophie het breed geglimlag toe die Herald haar gevra het wat haar gunsteling kos is. Sy het gesê, “Definitief aartappelslaai, en macaroni en kaas.”

Sy het vertel dat sy kan doen met ‘n lekker vakansie in die Kaap, maar is gelukkig hier in Randfontein. Sophie se gunsteling eetplek in die dorp is Spur.

Die naam wat sy haarself in Randfontein sal gee, is ‘Rooikop Sophie’.

Related Articles

Back to top button