Kolwyntjies vir liefdadigheid

Die gaste het nuwe tegnieke en wenke geleer en kan nou kolwyntjies versier wat soos meesterstukke lyk.

‘n Nuwe privaat funksielokaal in Randfontein, Ingrid’s, het op Saterdag 25 Maart, sy eerste liefdadigheidsfunksie gehou.

Die eienaar, Sandra Rall, het vir Elizabeth Cakes in Westonaria genader om ‘n kolwyntjiedemonstrasie vir haar gaste aan te bied. Elke gas het die geleentheid gekry om ‘n kolwyntjie te versier soos Joanne van Elizabeth Cakes gedemonstreer het.

Die gaste het nuwe tegnieke en wenke geleer en kan nou kolwyntjies versier wat soos meesterstukke lyk. Die versierde kolwyntjies is aan die Connie Mulder Sentrum se kombuispersoneel geskenk.

Christelle Rall, een van die Connie Mulder Sentrum se dagbewoners wat in die kombuis werk, het die kolwyntjies tydens die geselligheid namens al die kombuispersoneel ontvang. Sy het gesê dat haar medewerkers net so opgewonde soos sy gaan wees wanneer hulle die pragtige kolwyntjies sien.

Sandra sien daarna uit om in die toekoms meer sulke kuiergeleenthede by Ingrid’s aan te bied. Sy nooi Randfonteiners hartlik uit om by haar onthaalplek te kuier en spesiale geleenthede daar te vier.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version