NewsSchools

Drama- en kunspret by Riebeeckrand

Graad 7's van laerskole in Randfontein en Westonaria is uitgenooi om deel te wees van 'n opwindende drama- en visuelekunste-werkswinkel by Riebeeckrand.

Hoërskool Riebeeckrand se Kunste Akademie het op 29 Maart ‘n drama- en visuelekunste-werkswinkel vir Graad 7-leerders aangebied.

Die dag was vol pret en plesier.

Die leerders het met verdunde waterverf hul eie kunsskeppings gemaak.

Al die Graad 7’s van die laerskole in Randfontein en Westonaria is uitgenooi om deel te wees van die leersame en genotvolle geleentheid.

Die werkswinkel het afgeskop met ‘n dramales wat deur Riebeeckrand se drama-onderwyseres, Leona Esterhuyse aangebied is. Die leerders het tydens die les dramategnieke geleer en toegepas. Leona was baie beïndruk met die leerders se talent.

Die leerders het met verdunde waterverf hul eie kunsskeppings gemaak.

Nadat die leerders hul daarmee gate uit geniet het, is hulle na die Visuele Kunste-klas toe.

Varuska Denysschen, die Visuele Kunste-onderwyseres, het vir die Graad 7-leerders ‘n kreatiewe kunstegniek geleer, genaamd toutjieverf. Die leerders het met verdunde waterverf hul eie kunsskeppings gemaak. Varuska het ook ‘n vasvrakompetisie gehou, waarvan Driaan van den Berg die wenner was.

Marelize Markram van Laerskool Rapportryer met haar kunsskepping. Foto ingestuur.

Riebeeckrand sien daarna uit dat die Kunste Akademie sal groei om in die toekoms nog sulke leersame geleenthede te skep.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button