CrimeNews

Brawe ma veg met alles wat sy het teen ‘n kaper

Ma veg verbete teen kaper.

‘n Ma van Carletonville naby Randfontein het verbete teruggeveg toe kapers haar in Pretoria aangeval het.

Lourette Kruger, 36, het gesĆŖ die voorval het omstreeks 4nm op Donderdag, 23 Maart gebeur. ‘n Baie emosionele Kruger het die gebeure van die middag aan die Herald verduidelik.

“Ek was vir werk in Pretoria, en het omstreeks 3.40nm die gebou verlaat. Ek het by ‘n verkeerslig stilgehou, en my venster was omtrent 10 sentimeter oop. My foon was van buite my motor sigbaar, want ek het dit gebruik as ‘n GPS. Die volgende oomblik het ek ‘n slag aan die passasierskant gehoor, en besef dat my vooruit gekraak is.”

“Die volgende oomblik het ‘n man sy hand deur die opening in my venster gedruk en probeer om my motorsleutels te gryp.” Sy het verder vertel dat sy sy hand weggeklap het, maar dat die aanvaller haar toe met sy linkerarm begin wurg het. Hy het met sy regterhand aanhou probeer om die sleutels in die hande te kry.

Hy het daarin geslaag om haar motor af te sluit en die sleutels te vat, maar sy het dit teruggegryp en hom hard op sy arm gebyt. “Die bloed het geloop,” het sy gesĆŖ. Op daardie oomblik het sy haar seuntjie, Stian, wat amper drie jaar oud is, se foto aan haar sleutels gesien. “Die foto’tjie het van die sleutelhouer afgebreek,” het Kruger gesĆŖ.

Daar en dan het sy besluit om ter wille van haar seuntjie vir haar lewe te veg. “Ek het in sy oĆ« gekyk, en geweet hy gaan my doodskiet.”

Die man het toe glo vir haar gesĆŖ, “Get out of the car, you f@#$%^& white b*&^%, because I am going to shoot you.” Kruger het besef dat daar ‘n pistool in sy regterkantse sak was. Sy was woedend en het glo vir hom gesĆŖ dat hy ‘n werk moes kry, sodat hy sy eie motor kon koop.

Kruger het verduidelik dat hoewel daar voertuie om haar was, en selfs ‘n polisiemotor omtrent twee motorlengtes van haar af, het niemand haar gehelp nie.

Sy het daarin geslaag om weg te ry en het in die proses oor sy voete gery. Sy het vertel dat sy so erg aan skok gely het dat sy ver verdwaal het, in spitsverkeer vasgesit het, deur ‘n haelstorm gery het en deur ‘n padblokkade is. Sy was later bekommerd dat haar motor sonder brandstof sou gaan staan. “Ek ken post traumatiese stres, want as ‘n klinieksuster het ons kursusse gedoen. Ek het geweet sodra ek stop, sou dit my vang,” het sy vertel.

Terwyl sy op pad huis toe was, het sy met haar ma, man, en toesighouer Tanya Grobbelaar telefonies gekommunikeer. Sy het uiteindelik na 8nm by die huis gekom nadat sy in haar skoktoestand baie ver gery het.

Die man het al haar juwele, behalwe haar houtkruis wat sy altyd dra, van haar nek afgeruk. Sy het vertel dat sy ‘n ruk lank nie kon hoor nie, en het toe eers besef dat skote wel gevuur is.

Kruger is diep geraak deur hierdie insident. Sy het verduidelik dat dit 12 jaar geneem het voordat sy swanger geraak het, en dat haar seuntjie haar alles is. Sy sukkel om te slaap, en moet teenvigsmiddels gebruik omdat sy van haar aanvaller se bloed in haar mond gekry het. Die pille maak haar geweldig siek, en sy kry baie angsaanvalle. “Ek sal vir twee jaar met die onsekerheid moet saamleef of ek wel MIV het,” het sy gesĆŖ.

Kruger het tydens die onderhoud baie wyse woorde gesĆŖ, wat die Herald-joernalis hoendervleis gegee het. Sy is baie naby aan God, maar het gesĆŖ sy sal nooit haar aanvaller se oĆ« sal vergeet nie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.zaĀ Ā (please remember to include your contact details in the email) or phone us onĀ 011 693 3671.

For free daily localĀ news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp NewsĀ 

Get It Joburg WestĀ Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and InstagramĀ pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button