NewsSchool sportSchoolsSport

Ram se eerste SA-podiumplek in 17 jaar

Laerskool Randfontein-atleet en -spiesgooier een van die bestes in SA.

Laerskool Randfontein (Ram) het vir die eerste keer in 17 jaar ‘n atleet wat tydens die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe onder die top drie geëindig het. Die kampioenskappe het by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-sportterrein plaasgevind.

FG Mulder is die eerste Rammie in 17 jaar wie ‘n podiumposisie in die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe gekry het.

FG Mulder, ‘n Graad 6-leerling van Ram het op Vrydag, 24 Maart aan die SA Atletiekkampioenskappe met die beste atlete in die land meegeding en ‘n tweede plek behaal toe hy die spies 38,56 meter ver gegooi het. Hy het vertel dat die gouemedaljewenner se afstand verder as 40 meter was.

FG beoefen spiesgooi die afgelope twee jaar. Hy het gesê hy het ernstig begin oefen nadat sy pa hom saam met groter seuns gesien gooi het.

My pa het gesê ek gooi baie goed en dat ek in ‘n span moes kom,” het FG vertel.

Voor hy begin het met spiesgooi het hy op gewigstoot gefokus. “Ek het drie jaar lank gewigstoot gedoen. Elke jaar het ek aan die Gauteng-kampioenskappe deelgeneem maar ek het altyd uitgeval,” het FG verduidelik.

Hy het dit as ‘n groot prestasie beskou om sy skool, dorp en provinsie vir die eerste keer by die kampioenskappe te kon verteenwoordig.

FG Mulder is die eerste Rammie in 17 jaar wie ‘n podiumposisie in die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe gekry het. Foto: Roxy de Villiers

“Ek was so ‘n bietjie senuweeagtig maar nie baie nie. Dit was lekker,” het FG gesê.

Hy beplan om ook in die hoërskool aan spiesgooi deel te neem en wil soveel moontlik in die sport bereik.

“Ek wil vir my pa, ma en suster dankie sê en ook my afrigter, Mnr Tobie,” het FG gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button