Takkie Tax dag op die horison!

Dit is amper weer tyd vir Nasionale Tekkie Tax Dag!

Jip! Dit is amptelik! Dit is amper weer daardie tyd van die jaar. Die dag waarvoor almal hulle asems ophou … Nasionale Tekkie Tax Dag!

Hierdie jaar word Tekkie Tax vir die vyfde keer gevier – op Vrydag 26 Mei. Die projek gee jou die geleentheid om dié jaar hop-in-jou-skop te sit en vir almal te wys waar jou hart lê. Dis so maklik …

Kies jou plakker vir ‘n saak na aan jou hart, vrolik jou tekkies op met prettige Tekkie Tax-skoenveters, en siedaar! Jy is gereed vir Nasionale Tekkie Tax Dag!

Dit is SA se prettigste, mees innoverende en uniekste nasionale fondsinsamelingsveldtog vir welsynsorganisasies. Die veldtog het in 2013 begin toe ‘n paar van Suid-Afrika se grootste welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het. Hulle het reeds ‘n yslike R22,1 miljoen ingesamel.

Daar is 12 nasionale begunstigdes en hulle verteenwoordig meer as ‘n 1 000 plaaslike niewinsgewende organisasies. Hulle is Epilepsy SA, Child Welfare SA, SOS Children’s Villages, CHOC, Special Olympics SA, Kansa, Imisebeyelanga Services, Meals on Wheels, VVA, NG Welfare, SAVF en Endurocad.

Plakkers (vir ‘n donasie van R10 elk) en die Tekkie Tax-skoenveters (R35 per paar) is beskikbaar by alle ToysRUs- / BabiesRUs- en Clicks-takke landwyd. Daar is ook meer as 280 welsynsorganisasies wat hierdie items verkoop en saam poog hulle om elke Suid-Afrikaner te oortuig om deel te wees van die pret. Bestellings kan ook geplaas word via die Tekkie Tax webtuiste by www.tekkietax.co.za.

Komaan! Loop, spring of huppel die ekstra myl in jou tekkies vir ‘n welsynsorganisasie na aan jou hart deur die plakker van jou keuse te dra. Sit dan sommer ook ‘n hop in jou skop met ‘n paar prettige skoenveters. Alles op Vrydag, 26 Mei.

Daar is geen verskoning nie – deel in die pret en ondersteun Nasionale Tekkie Tax Dag!

• Besoek www.tekkietax.co.za vir meer inligting.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version