Agri Shop-kompetisie verbly harte

Verskeie inwoners van Randfontein het groot pryse gewen in Agri Shop se opwindende kompetisie.

Agri Shop se opwindende kompetisie wat op Woensdag, 1 Maart begin het, het reeds harte in Randfontein verbly.

Faan Becker met sy Paws-hondekos. Foto ingestuur.

Inwoners het reeds verskeie pryse in die kompetisie gewen, en daar is nog baie op die spel.

Agri Shop se weeklikse pryse sluit kontantkoopbewyse van R150 vir vyf wenners van die Randfontein-tak asook hondekos en braaihout in. Die mees onlangse wenners is Jonny Cross, Annalie Jacobs, Faan Becker, Henry Coetzee, Johan Simpson en David Makwalara.

Annalie Jacobs glimlag breed oor haar koopbewys. Foto ingestuur.

Om te kwalifiseer moet jy aankope van minstens R500 doen, en net vyf inskrywings per transaksie word aanvaar om almal ‘n gelyke kans te gee. Daar is ook ander verskeie pryse wat in dié tydperk weggegee word.

Johan Simpson, nog ‘n gelukkige wenner. Foto ingestuur.

Drie gelukkige klante van Agri Shop se Randfontein-tak kan elke maand kontantkoopbewyse van R1 000 in ‘n trekking wen. Aan die einde van die ses maande word die trekking vir kontantkoopbewyse van R1 500 vir drie klante van die Randfontein-tak gehou.

Die wenners van hul groot pryse word uit al vier takke getrek. Dié pryse lyk so:

• Kontantprys van R3 500 plus ‘n verrassingsgeskenk

• Kontantprys van R5 000 plus ‘n verrassingsgeskenk

• Kontantprys van R7 500 plus ‘n verrassingsgeskenk

• Gelukstrekking: ‘n Nag by ‘n lodge in Noordwes, asook ‘n koedoe (onder 35” – nagenoeg 90cm) of vyf rooibokke en twee gasbraaiers

‘n Persoon kan meer as een prys wen, dus as iemand reeds ‘n pakkie hondekos gewen het, kan hulle steeds ‘n ander prys in die trekking wen.

Pryse vir die gelukstrekking sluit in ‘n hoekslyper en hamerboor, kruiwaens, watertenk, skroewedraaierstelle, Kirchhoffs-geskenkpak. Dit sal in die loop van die ses maande toegeken word. Die kompetisie sluit einde Augustus.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version