Jannas bo op sportveld

Hoërskool Jan Viljoen het onlangs goeie rugby-, hokkie- en netbaluitslae behaal.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs op die rugby- en hokkieveld en op die netbalbaan hul staal gewys.

Op Woensdag, 15 Maart het hulle die hokkieliga met ‘n kliniese oorwinning van 3–0 oor Riebeeckrand afgeskop.

‘n Week later het hulle tydens die Superreeks waaraan talle skole deelgeneem het, in al drie sportsoorte met Hoërskool John Vorster meegeding. Jannas het uitstekend gevaar en hul teenstanders huis toe gestuur met die wete Jannas is baas.

Lees ook: Jan Viljoen tops in R’fontein

Al die Jannas-rugbyspanne het hul wedstryde teen John Vorster gewen. In netbal het drie uit ses spanne gewen en in hokkie het net een span uit ‘n groep van sewe nie hul wedstryd gewen nie.

Uitslae:

Rugby

• o.14: Jannas 27–10 John Vorster

• o.15: Jannas 34–14 John Vorster

• o.16: Jannas 74–0 John Vorster

• Tweedespan: Jannas 38–18 John Vorster

• Eerstespan: Jannas 57–5 John Vorster

Netbal

• o.14A: Jannas 19–18 John Vorster

• o.14B: Jannas 2–31 John Vorster

• o.15: Jannas 12–23 John Vorster

• o.16: Jannas 14–16 John Vorster

• Tweedespan: Jannas 25–16 John Vorster

• Eerstespan: Jannas 25–20

Hokkie

• o.14: Jannas 0–0 John Vorster

• o.15: Jannas 2–1 Johan Vorster

• o.16: Jannas 2–2 John Vorster

• Tweedespan: Jannas 0–4 John Vorster

• Eerstespan: Jannas 3–2 John Vorster

• Seunsspan: Jannas 2–2 John Vorster

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version