Man dreig inwoners glo met vuurwapen

EPR-sekuriteitsoffisiere moes inspring om moontlik 'n tragedie te voorkom toe 'n man inwoners van Elandsvlei glo met 'n vuurwapen gedreig het.

Lede van EPR-sekuriteit moes inspring en het moontlik ‘n tragedie voorkom toe ‘n man glo Sondagoggend 19 Maart inwoners met ‘n vuurwapen gedreig het.

Mac van Zyl, operasionele bestuurder van EPR-sekuriteit het vertel dat terwyl reaksie-offisier Tiaan Williams op patrollie in die area was, ‘n man hom gevra het om te gaan help aangesien iemand glo inwoners met ‘n vuurwapen gedreig het.

Williams het oor die radio bystand gevra en saam met skofleier Brendan Blom kon hulle daarin slaag om die verdagte te arresteer.

Die verdagte het ook die EPR-offisiere gedreig en homself teen arrestasie verset.

Die vuurwapen wat in die verdagte se besit was, is na bewering ‘n gesteelde wapen aangesien die verdagte nie ‘n lisensie daarvoor kon toon nie. Die verdagte is aan die Randfontein Polisie vir verdere ondersoek oorhandig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version