Leer ‘n Teiner ken # 8 – Marietjie Porter

Die Herald sien uit na die inwoners se voorstelle vir 'n naam vir Marietjie.

In die Herald se agste veldtog om die gemeenskap beter te leer ken, het ons op Maandag, 20 Maart vir Marietjie Porter, 40, ontmoet.

Destyds, toe Marietjie 25 was, het ‘n foto van haar in die Herald verskyn waar sy uit die ou Randfontein-swembad klim.

Marietjie is ‘n opgeruimde, slanke vrou wat haar sê sê oor dinge in die dorp wat haar pla. Sy woon haar lewe lank in Randfontein. Sy het hier grootgeword, en gee baie om vir die ‘ou Randfonteiners’ wat al jare hier woon.

Marietjie Porter gesels met die Herald

“Ek is al 10 jaar saam met my liefde, Petrus Jansen van Vuuren, 49. Ek het een kind, en ek is gaande oor pizza,” het sy vertel. ” Ek hou van skryf, die natuur en om te gaan stap. Ek is baie lief vir stilte.”

Op die vraag watter naam sy haarself in Randfontein sou gee, het sy geantwoord dat die mense van Randfontein haar ‘n naam moet gee. Die Herald sien uit na die inwoners se voorstelle.

Kyk video hier:

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version