Rappies-eersterugbyspan bak pannekoek!

Eersterugbyspan van Rappies bak pannekoek om geld in te samel vir nuwe truie.

Lede van Laerskool Rapportryer se eersterugbyspan het onlangs hul truie vir Checkers-kleredrag verruil en pannekoek gebak.

Die eerstespan het net een doel voor oë gehad en dit was om geld in te samel vir hul nuwe uitrustings vir die komende rugbyseisoen. Van die ouers het ook ingespring om die seuns te ondersteun.

Ruan Visser, Jaden Smith en Thezaldt Tiedt het lekker pannekoek gebak.

Dit was ‘n reuse sukses en die seuns het sommer ‘n hele hoop pannekoeke gebak en verkoop. Hulle het hiermee bewys dat hulle spangees het en saam as ’n wenspan kan woeker en werk.

Hendriko Scheepers, Christo Schoeman en Freddie Friggens wys hulle het spangees.

Gordon Taylor en Anton Visser, afrigters van die bobaasspan het gesê dat die rugbyseuns die ervaring terdeë geniet het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version