NewsSchool sportSchoolsSport

Atlete maak Jannas en dorp trots

Vier atlete van Jannas het die skool en dorp se naam hoog gehou tydens die Gauteng Atletiekkampioenskappe. Een van hulle gaan boonop SA's toe in April.

Vier atlete van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs aan die Gauteng Atletiekkampioenskappe in Germiston deelgeneem en die skool se naam hoog gehou.

Hulle is Arno Janse van Vuuren, Luhallan van der Berg, Angelique van Niekerk en Esté van Rooyen. Een van hulle gaan SA’s toe in April en dit is die hoogspringboffin Luhallan.

“Die atlete was puik op die baan en veld, en het vir seker Jannas en die dorp trots gemaak,” het Tamaryn Smith, Jannas-woordvoerder gesê.

Uitslae:

• Angelique van Niekerk – dring deur na die o.17-hekkiessemifinaal

• Arno Janse van Vuuren – dring deur na die o.15-hoogspringfinaal

• Esté van Rooyen – dring deur na die 1 500m-finaal vir o.19-dogters

• Luhallan van der Berg – dring deur na die o.19 Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe

“Baie geluk aan elke leerder asook hul afrigters wat ure se oefening ingesit het,” het Tamaryn bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button