NewsSchools

Twee Jannas kry Lourier-toekennings

'Jannas is baie trots op die leerders se besonderse prestasie.'

Twee van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se spogleerders het onlangs tydens die skool se akademiese prysuitdeling Lourier-toekennings ontvang.

‘n Lourier-toekenning is die tweede hoogste toekenning wat Jannas-leerders kan ontvang. Leerders wat drie keer erekleure ontvang het, kom vir die Lourier-toekenning in aanmerking.

Angelique van Niekerk het haar Lourier ontvang omdat sy reeds erekleure vir netbal en twee keer vir akademie ontvang het.

Tiaan van Niekerk het sy Lourier ontvang omdat hy twee keer erekleure vir kultuur en een keer vir akademie ontvang het.

Angelique van Niekerk en Tiaan van Niekerk het die tweede hoogste toekenning gekry wat Jannas-leerders kan ontvang. Foto: Ingestuur.

“Jannas is baie trots op die leerders se besonderse prestasie,” het Tamaryn Smith, Jannas-woordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button