Twee vas vir diefstal van sinkplate

Twee verdagtes gearresteer nadat hulle glo 12 sinkplate uit 'n perseel in Aureus gesteel het.

Twee verdagtes is vroër in die week in Aureus deur EPR Sekuriteit gearresteer vir diefstal.

Phillip Strydom en Lourens van Zyl, reaksie-offisiere van EPR het die twee verdagtes gearresteer nadat hulle glo 12 sinkplate uit ‘n perseel in Dodgestraat, Aureus gesteel het.

‘n Lid van die publiek het die reaksie-offisiere gestop terwyl hulle op ‘n roetinepatrollie was en hulle in kennis gestel van die voorval.

Met ‘n klerebeskrywing kon hulle daarin slaag om die verdagtes op te spoor en te arresteer.

Die verdagtes is aan die Randfontein Polisie oorhandig vir verdere ondersoek. Die sinkplate is teruggevind en oorhandig aan die eienaar wat ‘n saak van diefstal geopen het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version