Local newsNews

AfriForum oorhandig wenslys aan munisipaliteit

AfriForum-takke oorhandig wenslys aan Rand West Plaaslike Munisipaliteit.

Die AfriForum-takke van Randfontein en Westonaria het op Dinsdag, 7 Maart ’n wenslys aan Larry Steyn, die hoof operasionele bestuurder van die Rand West Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.

Dít volg nadat dié takke verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het waaraan hulle graag deur die loop van die jaar wil aandag skenk.

“Tydens ons vergadering het Steyn kennis geneem van die probleme wat ons in die wenslys noem en onderneem om dit by die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) te voeg en die nodige aksies te neem,” het Mike van Deventer, die voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak gesê.

Steyn het gevolglik ooreengekom dat die munisipaliteit binne 14 werksdae vanaf die datum van die vergadering formele terugvoer aan AfriForum sal voorsien op beide takke se wenslyste. Hy het ook die onderskeie departemente se kommunikasiekanale aan AfriForum beskikbaar gestel.

“Dit is goed om te weet dat die munisipaliteit wel met AfriForum wil hande vat,” het Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak gesê .

“AfriForum wil gemeenskapslede aanmoedig om by die opstelproses van die munisipaliteit se GOP betrokke te raak,” het hy bygevoeg.

• Navrae: Kontak Marie Naude by 081 217 8579 as jy betrokke wil raak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button