NewsSchools

Jannas-leiers stel ‘n goeie voorbeeld

'n Groep leiers van Hoërskool Jan Viljoen het onlangs bejaardes bederf en 'n kursus bygewoon om 'n goeie voorbeeld buite hul skoolpligte te stel.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se leiers is die afgelope tyd baie produktief binne en buite die skoolhekke.

Vyf van die skool se VRL-lede, naamlik Christelle Kruger, Tiaan van Niekerk, Hugh Marais, Marlene Venter en Kayla Phyfer het onlangs die HeyLei-leiersberaad by Hoërskool Randburg bygewoon het. Daar het die leiers meer geleer van leierskap en hoe hulle beter leiers kan wees.

Ashley Cowan met ‘n inwoner van Randpoort Tehuis. Sy het al die inwoners met lekkernye bederf. Foto: Ingestuur

“Dit is belangrik dat ons leiers van top gehalte moet wees vir ons wow-skool,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê. “Baie dankie aan Michelle Steyn wat die leerders vergesel het.”

Die skool het ook seker gemaak hul leiers toon nie net hul leierskap in die skool nie.

Ashley Cowan, Jannas VRL-lid en Mej Jan Viljoen senior het ook twee tehuise – Vriendskaptuiste en die Randpoort Tehuis – besoek waar sy inwoners met lekkernye bederf het. Elouise Oberholzer, ‘n Jannas-onderwyser was ook betrokke en die skool het daarna vir haar en elke leerder wat gehelp het, bedank.

“Baie dankie vir jul omgee en sagte harte,” het Tamaryn gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za  of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button