Leer ‘n Randfonteiner ken # 6

Sesde persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog vir 2017 voorgestel.

Op Dinsdag, 7 Maart het die Herald die sesde persoon in die gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog vir 2017 ontmoet.

Hy is Marius Rademeyer, 54.

Marius het gesê sy gunsteling vakansieplek is in die Kaap. Vir die Herald het dit dadelik sin gemaak want Marius straal rustigheid uit. Hy is ook baie lief vir die bosveld.

Marius het twee kinders van onderskeidelik 32 en 28 jaar. Hy is verloof aan Louise Liut, 44. Sy het twee seuns van onderskeidelik 19 en 24 jaar.

Marius en Louise besit die kinderwinkel ‘Just 4 kids’. Hulle het die besigheid begin want albei is versot op kinders. Marius se gunsteling kos is lekker pap-en-sous. Hy is gebore in Randfontein maar het Laerskool Rustenburg en Hoër Tegniese Skool Rustenburg bygewoon.

Toe die Herald hom gevra het wat sy Randfontein-naam moet wees, het hy gesê, “Mars en Jack of all trades.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

Also read:

Video: Get to know a Teiner

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Exit mobile version