Jannas stel nie teleur by UJ nie

Atlete van Jannas het goed gevaar tydens UJ se Top 15-atletiekbyeenkoms.

Atlete van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het die skool se naam hoog gehou tydens die Universiteit van Johannesburg se Top 15-atletiekbyeenkoms.

Atlete van ongeveer 70 skole van regoor Suid-Afrika het met mekaar meegeding.

Die atlete wat dopgehou is, is Arno Janse van Vuuren (hoogspring), Luhallan van der Berg (hoogspring), Stefan Bezuidenhout (naelloop) en Kevin Zaayman (naelloop).

Arno en Luhallan is onderskeidelik as die junior en senior Victor Ludorum aangewys en soos voorspel het albei silwermedaljes verower. Arno het ook 1 000 punte op die Absa-tabel behaal.

Een atleet wat nie in die ‘dophou’-groep was nie, het tog die oë laat rek. Sy is Angelique van Niekerk wat ‘n bronsmedalje vir verspring ingepalm het. Angelique was ook tydens Jannas se huissportbyeenkoms die senior Victrix Ludorum.

“Dit is sowaar ‘n puik prestasie en Jannas kan nie trots genoeg wees op dié leerders nie,” het Tamaryn Smith, Jannas-skoolwoordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version